Kies Dokters LASIK?
Hoe kan mens weet dat dit ‘n goeie idee is om LASIK te kies om helder visie te hê sonder enige lense? Wel, oogspesialiste wat LASIK doen, kry LASIK en soortgelyke prosedures 4 keer meer gereeld as die algemene populasie. 91% van die oogspesialist beveel ook laser visie korreksie aan vir hulle nabye familielede. Hul professionele kennis en eerstehandse ervaring bied oortuigende bevestiging van die veiligheid en doeltreffendheid van die prosedures. Dr Lourens Coetzee, ‘n refraktiewe chirurg by Sandton Eye Clinic het onlangs self PresbyLASIK gehad. Lees verder oor sy eie en ander bekendes se ervarings.
Dr Lourens Coetzee Kies PresbyLASIK
Dr. Lourens Coetzee, ‘n refraktiewe chirurg by Sandton Eye Clinic, het onlangs die ouderdom van 40 verbygesteek en het skielik begin sukkel om te fokus as hy lees. As ‘n LASIK-chirurg het hy verleë gevoel om op leesbrille staat te maak om pasiëntnotas en toetse te lees, en dit het hom laat voel of hy nou oud word. Hy het besluit om sy eie raad te volg en na ‘n paar maande se gesukkel met leesbrille, het dr. Melody Sun, ook ‘n refraktiewe chirurg by Sandton Eye Clinic, sy PresbyLASIK uitgevoer.
Hy het slegs ‘n week gelede sy operasie gehad, maar pluk reeds die vrugte daarvan. Sy naby- en afstandsig het verbeter, en hy kan nou gemaklik op sy foon lees, sonder leesbrille. Hy het ook opgemerk dat om chirurgie uit te voer nou gemakliker is met verbeterde dieptepersepsie en geen behoefte om die mikroskoop herhaaldelik te fokus nie. Hy is gereed vir hierdie nuwe avontuur, en hoewel dit nog te vroeg is na die operasie, kan hy nie wag om weer te begin swem, hardloop en fietsry met helder visie nie. Volg gerus sy eye ervaring op ons Youtube kanaal.
‘n Paar bekendes se reis na helder visie
Soms het die kleinste besluite die krag om jou lewe vir altyd te verander. Jou perspektief en hoe jy dinge sien, is van kardinale belang. Uiteindelik moet ‘n mens die kat goed uit die boom kyk: brille, kontaklense, of LASIK. Kies die beste opsie vir jou lewenstyl en doen dit. Alhoewel LASIK die woord is wat almal ken, is daar ander visie-korreksieprosedures soos PRK en implanteerbare kontaklense. Raadpleeg ‘n refraktiewechirurg om al die opsies wat vir jou beskikbaar is, te ondesoek.
Reynardt hugo
Van die oomblik dat ek besluit het om LASIK by Sandton Eye Clinic te kry, was ek opgewonde en senuweeagtig. Maar nou, as ek terugkyk, kan ek met selfvertroue sê dat dit een van die beste besluite was wat ek ooit geneem het.
Die prosedure was verrassend pynloos. Ek was verstom oor hoe vinnig die prosedure was – dit het net ‘n paar minute geneem – en ek kon die kliniek sonder enige ongemak verlaat. Die resultate was amper onmiddellik, en dit was ‘n ongelooflike gevoel om alles so duidelik te sien sonder die behoefte aan brille. Ek kon aktiwiteite geniet wat ek voorheen mee gesukkel het, soos swem, sonder om oor my brille bekommerd te wees. Dit was ook wonderlik om in die oggend wakker te word en nie na my brille te hoef soek om goed te kan sien nie.
Oor die algemeen is ek ongelooflik dankbaar vir die lewensveranderende ervaring wat LASIK chirurgie my gegee het. Ek beveel LASIK sterk aan vir enigiemand wat dit oorweeg, en ek kan verseker dat die hele proses die moeite werd is.
Maude Sandham
Ek my eerste paar baie oulike en erg pienk brille kry. Ek was mal oor daai eerste bril! Met tyd het twee goed begin krap. Eerstens rame- die lekker vrolike rame is so duur! En as jy elke jaar lense moet opdateer raak dit nogal duur. Tweedens is ek mal oor buitelug aktiwiteite soos stap en rotsklim, maar brille het dit bemoeilik, veral met sonskerm of duur voorskrifsonbrille wat maklik verlore raak. Om nie te praat daarvan as my brille nat word, toe wasem, of teen my neus afgly. Dit het my sommer onhandig laat voel met buitelugaktiwiteite en soveel pret daaruit gesteel.
Na Dr Lourens Coetzee my LASIK-prosedure gedoen het, het ek dadelik verskille opgemerk. Ek kon werk sonder die irritasie van kontaklense. Ek moes dikwels foto’s neem en ná LASIK kon ek maklik die fotograaf se instruksies volg. Ek het ook opgemerk dat my werk op die rekenaar minder spanning op my oë geplaas het en my postuur verbeter het.
Toe ek bereken het hoeveel ek oor die afgelope 10-15 jaar aan lense en rame bestee het, het dit finansieel baie sin gemaak om ‘n LASIK-prosedure te oorweeg, veral as dit 10-15 jaar van gerief met byna perfekte sig beteken.
Gerald steyn
Voor my LASIK-prosedure by Sandton Eye Clinic was ek kortsigtig met -3.75. Ek het onmiddellik die helderheid van my visie opgemerk daarna toe ek uiteindelik “detail” verby ‘n meter kan sien. So ‘n wonderlike gevoel!
Dit het baie gehelp met my werk, aangesien ek nie meer aan die genade van kontaklense uitgelewer is nie en my oë nie meer so droog is nie. Boonop is my oefening by die gym baie meer gefokus, aangesien ek nie meer hoef te bekommer oor sweet op my bril of in my kontaklense nie.
As jy laser visiekorreksie oorweeg, kan ek jou sê dat die prosedure pynloos is en die resultate onmiddellik is! Ek moes dit lankal gekry het. Ek is uiters dankbaar en waardeer mediese vooruitgang. Kan nie wag om te sien wat volgende kom nie!
Je-ani Swiegelaar
Voor ek LASIK gehad het, was bestuur vir my ‘n uitdaging, veral in die nag. Daar was ook gevalle waar mense my van vêr af gegroet het, en ek het gelyk asof ek hulle nie ken nie, maar eintlik kon ek hulle nie sien nie.
Ek het aan Iron Man deelgeneem. Ek het geen idee gehad waarheen ek swem nie, en kon nie my alles gee met die fietsry nie. Na die prosedure het ek eers die onmiddellike effek opgemerk. My sig het die dag na die prosedure verbeter, en dit het elke dag beter geword.
My oë is nie meer so moeg nie, en ek hoef hulle nie op skrefies te trek om te sien nie. Ek het ook opgemerk dat ek minder hoofpyne kry as voorheen. My selfvertroue het soveel toegeneem, veral op die fiets. Aan enigeen wat dit oorweeg: jy kry net een kans om die wêreld deur jou eie oë te sien. Doen wat jy moet doen om die lewe te leef wat jy verdien!
Die Voordele van Laser Visiekorreksie
#1 Gereed vir ‘n Avontuur?
Om te sien sonder brille en kontaklense is ‘n lewensveranderende gebeurtenis. Geniet helder visie van die oomblik wat jy jou oë oopmaak. Staan op, gereed vir die dag. Duik in die swembad. Geniet jou stokperdjies en sport sonder om oor brille en kontaklense bekommerd te wees.
#2 Spaar Tyd
Geen rompslomp met kontaklense wat twee keer per dag skoongemaak moet word nie. Laser visiekorreksie kan jou 10 minute per dag bespaar, wat optel tot 60 uur per jaar. Plus, dink aan al die tyd wat jy spandeer om jou brille of leesbrille te soek.
#3 Beskerm Jou Oë
Beide LASIK en kontaklense is veilig, maar het jy geweet dat sig-aantasende kornea infeksies tien keer hoër is by langtermyn-kontaklensdraers as ná LASIK? Navorsing toon dat LASIK minder newe-effekte en hoër tevredenheidskoerse as kontaklense het.
#4 Wees Geldslim
Om met jou eie oë te sien sonder brille is van onskatbare waarde, maar LASIK kan jou ook geld bespaar. Dit is wys om LASIK eerder vroeër as later te oorweeg. Het jy al ooit bereken hoeveel jy oor tyd aan brille en kontaklense bestee?
Vrywaring: Brille is veilig omdat daar geen mediese prosedure betrokke is nie. As jy gelukkig is om brille te dra, is LASIK nie vir jou nie. LASIK is ‘n leefstylprosedure wat helder visie sonder hulpmiddels bied. Volgens navorsing mag die kumulatiewe risiko van kontaklense meer wees as dié van LASIK