Morningside Mediclinic

Cnr of Hill & Rivonia Road, Sandton

011 784 7000

Schedule your appointment

Mon - Fri: 07:30 - 16:30

reception@sandtoneyeclinic.co.za

Afrikaanse Artikels

Jy kan beeldskoon wees met brille of kontak lense en die alternatief: LASIK

By 25/08/2023September 18th, 2024No Comments

Jy kan beeldskoon wees met brille of kontaklense en die alternatief: LASIK

Dames kom ons sê dit soos dit is, ons superkrag is om bloot eenvoudig fantasties te wees. Brille en kontaklense kan dit virsommige van ons ‘n bietjie meer uitdagend maak. Lees verder vir skoonheidswenke met jou bril en kontaklense en die uiteindelike permanente oplossing: LASIK. Soos Barbie sê: ‘As jy dit kan droom, kan jy dit doen’. Miljoene mense kies elke jaardie vryheid van LASIK en ander visie-korreksie-prosedures bo brille en kontaklense. Om sig sonder ‘n bril te kies is ‘n lewensveranderende gebeurtenis.

Lees meer oor hoe om beeldskoon te wees met ‘n bril en kontaklense in ons blog.

#FabulousNaLASIK #Brille #Kontaklense

Brille & Kontak Lense, LASIK

Waar kan mens die tyd om kry om pragtig te lyk in die moderne wêreld?

Jou skoonheidsroetine en die aanwending van die perfekte grimering kan tydsaam wees. Waar kry al daardie diva’s die tyd? As jy ‘n bril en kontaklense dra, het jy reeds die ekstra tyd in jou skedule, gebruik dit net slim. LASIK kan jou ten minste 10 minute meer per dag koop. Jy hoef nie meer jou kontaklense twee keer per dag skoon te maak nie. In een jaar is dit 60 ure. Dan is daar nog die tyd wat jy mors om na jou bril of leesbrille te soek. Wanneer LASIK kies, oorweeg dit om hierdie ekstra tydaan jouself te spandeer. Soos Barbie gesê het: ‘Leef jou droom’

Lees meer oor hoe om beeldskoon te wees met ‘n bril en kontaklense in ons blog.

#FabulousNaLASIK #Brille #Kontaklense

Tyd vir skoonheid

Grimeringwenke vir jou bril.

Grimering en brille

Is jy moeg vir brilrame wat met onderlaag besmeer is, vlokkies maskara op jou lense, en ander grimeringuitdagings? Hier volg‘n paar wenke wannner jy grimering met ‘n bril moet kombineer. Dit is noodsaaklik om ’n gebalanseerde en vleiende voorkomste skep wat jou rame komplementeer. Begin deur ‘n oogskadupalet met neutrale skakerings te kies om jou oë te definieersonder om hulle te oorweldig. Vermy die gebruik van swaar oogomlyner op die onderste wimperlyn, aangesien dit donkerkringe kan beklemtoon. Fokus eerder daarop om jou boonste wimperlyn te definieer met ’n dun lyn waterdigte oogomlyner. Wanneer dit by maskara kom, kies ’n verlengende en waterdigte formule om te verhoed dat enige vlokkies op jou lensebeland. Maak seker dat jy jou wenkbroue goed versorg en gevorm hou, want hulle speel ‘n deurslaggewende rol in die definiëring van jou oë wanneer jy ‘n bril dra. Ten slotte, gebruik ‘n langdraende en oordragbestande onderlaag om besmeering  van jou  brilrame te verminder. Dra jou bril met trots as ‘n stylvolle bykomstigheid. As die uitdaging van grimeer met brille vir joute veel raak kan jy LASIK oorweeg.

Lees meer oor hoe om beeldskoon te wees met ‘n bril en kontaklense in ons blog.

#FabulousNaLASIK #Brille #Kontaklense

Grimeringwenke vir kontaklens-draers.

As jy die vryheid van kontaklense kies het jy reeds besluit het om nie agter jou bril weg te kruip nie. LASIK is die volgendelogiese stap. Beide LASIK-chirurgie en kontaklense is veilige opsies vir visiekorreksie, maar dit is noodsaaklik om die risiko’s envoordele van elke metode op te weeg om ‘n ingeligte besluit te neem. Studies het getoon dat langtermyn kontaklensdraers ‘n groter risiko vir korneale infeksies het in vergelyking met individue wat LASIK ondergaan. Om onooglike ooginfeksies te vermyen jou fantastiese voorkoms te behou moet jy ooggesondheid prioritiseer. Sit altyd jou kontaklense in voordat jy jou grimeringaanwend om te verhoed dat grimeringdeeltjies onder jou kontaklense opeindig. Kies watergebaseerde of olievryegrimeringprodukte om oogirritasie en ongemak te verminder. Kies liggewig, nie-afskilferende maskara om te verhoed datdeeltjies wat loskom jou lense affekteer en wasige visie veroorsaak. Gebruik ’n olievrye grimeringverwyderaar om jou oësagkens skoon te maak en lenskontaminasie te vermy. Maak gereeld jou make-up gereedskap skoon om bakteriële opbou enmoontlike ooginfeksies te voorkom. As jy gereed is vir permanente visiekorreksie, is LASIK dalk die ideale opsie vir jou.

Lees meer oor hoe om beeldskoon te wees met ‘n bril en kontaklense in ons blog.

#FabulousNaLASIK #Brille #Kontaklense

Kontak lense en Grimering

Kies 'n sonbril sonder om jou te bekommer oor jou voorskrif (as jy LASIK kies)

Sobrille en LASIK

Die opwinding om ‘n sonbril te koop, word selfs meer as jy jou nie oor voorskrifbesonderhede hoef te bekommer nie, ‘n vryheid wat jy kan geniet nadat jy LASIK ondergaan het. Sonbrille kan meer vir jou doen as net mooi lyk. Hulle speel‘n belangrike rol om jou oë teen die son se ultraviolet (UV) strale te beskerm. Wanneer jy ‘n sonbril kies, is UV-beskerming noodsaaklik; kies altyd 100% UV-beskerming om jou oë effektief te beskerm. Gepolariseerde lense is ‘n goeie keuse aangesien dit help om glans te verminder, wat visuele gemak in helder toestande verbeter. Sekere kleuresoos bruin of rooibruin kan kontras verbeter. Vir diegene met ‘n avontuurlustige of sportiewe leefstyl, dink aanimpakbeskerming. Plastieklense is minder geneig om te breek met impak, wat ‘n veiliger opsie bied. Laastens, onthoudat die prysetiket nie noodwendig die vlak van beskerming weerspieël wat ‘n sonbril bied nie. Met hierdie wenke in gedagte en geen kommer oor jou brilvoorskrif kan jy werklik die proses geniet om die perfekte sonbrille te vind naLASIK.

Lees meer oor hoe om beeldskoon te wees met ‘n bril en kontaklense in ons blog.

#FabulousNaLASIK #Brille #Kontaklense

Na LASIK kan jy terselfde tyd fantasties lyk, swem en sien

Een van die grootste nadele van brille is dat dit eenvoudig nie geskik is vir die meeste sportsoorte of oefening nie. Droom jy om daardie nuwe bikini af te wys terwyl jy vlugbal op die strand speel en moeiteloos oorgaan na swem? Ditis ‘n skrikwekkende gedagte vir diegene wat afhanklik is van ‘n bril en kontaklense om die bal te sien. Alhoewel ‘n briloor die algemeen as ‘n baie veilige opsie beskou word, is daar sommige gevalle waar daar ‘n groot risiko is om jou brilte breek. Met kontaklense kan jy beslis met baie minder ontwrigting aan ‘n hele reeks sportsoorte deelneem. Dit is as hulle in plek bly. Wanneer ekstreme aktiwiteite of water betrokke is, kan selfs kontaklense lastig wees. Om met kontaklense te swem is ‘n baie slegte idee. Ek is dood ernstig, moet asseblief NOOIT met kontaklense swem nie. As jy wel wil sien terwyl jy swem, kies eerder LASIK. Sigbedreigende infeksies met kontaklens gebruik is 10 keer meeralgemeen as met LASIK. As jy met jou kontaklense swem, neem hierdie risiko drasties toe. LASIK kan jou die vryheidgee om net op te staan en te lééf, in te duik en te swem.

Lees meer oor hoe om beeldskoon te wees met ‘n bril en kontaklense in ons blog.

#FabulousNaLASIK #Brille #Kontaklense

Swem en kontaklense

Hoe kan mens lekker kuier met brille, kontaklense en na LASIK

Is jou kontaklense ekstra irriterend wanneer jy by ‘n partytjie is? Alkohol dehidreer die oë en kan lei tot kontaklens-onverdraagsaamheid. Onthou om water te drink wanneer jy by ‘n partytjie is. Ek weet die ekstra badkamer besoeke is nie ideaal nie, maar jou oë sal dankbaar wees. As kontaklensdraers het ons almal al soos Aspoestertjie gevoel: “Wanneer die klok twaalf slaan, sal jou koets in ’n pampoen verander, jou perde in muise, jou koetsier in ’n rot en joubalrok in flenters.” Jy belowe jouself dat jy die bal voor middernag sal verlaat. Maar dan dans die prins heelnag met jouen skielik is tyd nie ’n faktor nie. Ongeveer middernag, wanneer jou kontaklense jou begin krap is dit meer as wat jykan vat, en jy moet weer oorslaan na ‘n bril. Jy kan die ongemaklike Aspoestertjie-effek van kontaklense uitoorlê.Oorweeg LASIK en by jou volgende partytjie hoef jy nie eers daaraan te dink nie. Die keuse van sig sonder ‘n bril is ‘n lewensveranderende gebeurtenis.

Lees meer oor hoe om beeldskoon te wees met ‘n bril en kontaklense in ons blog.

#FabulousNaLASIK #Brille #Kontaklense

Oefen met bril, kontaklense of kies net LASIK

Om met ‘n bril te oefen is, om dit ligtelik te stel, ‘n uitdaging. Stel jou voor dat jy gaan draf met ‘n te groot broek wat net ni wil bo bly nie. Jy sal al jou energie spandeer om daarop te fokus om jou broek bo te hou, en mis alles rondom jou. Kort voor lank sal jy uitgeput en geïrriteerd wees. Dit is basies hoe elke sweetsessie voel vir diegene wat afhanklik is van brille. Dit is uiters frustreren met ‘n bril wat gly, rond wip en afval. Dit kan die kwaliteit van jou oefensessie, jouveiligheid en selfs jou entoesiasme om enigsins te oefen beïnvloed. Hoe doen daardieperfekte dames dit? Hoe skitter hulle net, moeiteloos? Een oplossing is om kontaklense in te pop wanneer dit tyd is om te oefen. Onthou asseblief om ‘n sweetband te gebruik. Wanneer sweet saam met jou kontaklense in jou oë beland, kan die sout die vog uit die kontaklense suig en irritasie veroorsaak. As jy egter ‘n permanente oplossing soek, kan LASIK of ‘n soortgelyke Laser Visie Korreksie-prosedure jou vryheid van brille en kontaklense gee.

Lees meer oor hoe om beeldskoon te wees met ‘n bril en kontaklense in ons blog.

#FabulousNaLASIK #Brille #Kontaklense

LASIK en Oefening

Dra 'n bril in die reën

Reen en LASIK

Enigiemand wat sê net sonskyn bring geluk, het nog nooit in die reën gedans nie. Daar is ‘n unieke en betowerendeskoonheid te vinde in ‘n reënerige dag, maar dit kan uitdagend wees om dit ten volle te waardeer wanneer jy sukkelom deur ‘n nat bril te fokus. Oorweeg dit om lense met anti-reflektiewe en waterwerende bedekkings te kies om reëndruppels af te weer en weerkaatsing te verminder. Hou ‘n bril lappie byderhand om die lense skoon en helder tehou. Kyk effe af om te verhoed dat druppels op jou bril val. Gewoonlik bevat jou natuurlike trane ‘n “soutoplossing”,dus as reënwater direk in jou oë inkom terwyl jy kontaklense dra, kan dit tydelike veranderinge in die struktuur van die lense veroorsaak. Die natuurlike traanfilm herstel egter vinnig die balans en maak enige veranderinge binne ‘n kwessievan minute reg. Met die somer wat voorlê, stel jou die vreugde voor om na die ritme van die vallende reën te luister, die verfrissende druppels op jou vel te voel en spontaan te dans in die reën, alles sonder die die uitdagings van lense. LASIK kan ‘n wêreld van nuwe moontlikhede oopmaak. ‘n Nuutgevonde waardering vir die eenvoudige plesiertjies van die lewe. Jy kan jou verwonder in die skoonheid van die natuur en deur die lewe dans met helder, oongehinderdevisie. 

Lees meer oor hoe om beeldskoon te wees met ‘n bril en kontaklense in ons blog.

#FabulousNaLASIK #Brille #Kontaklense

Reis/vlieg met kontaklense en ‘n bril

Om met ‘n bril en kontaklense te reis verg ‘n mate van beplanning om krisisse te voorkom. Wanneer jy vlieg, dra altydjou bril of kontaklense in jou handbagasie om potensiële verlies of skade te vermy. Dit is wys om ‘n ekstra bril of kontaklense saam te bring, net in geval dit wegraak of breek. Kontaklensdraers moet ook onthou om ‘n reisgroottekontaklensoplossing in te pak om aan lugredery se vloeistofbeperkings te voldoen. Lug in die kajuit kan droogheidveroorsaak, daarom is dit raadsaam om tydens vlugte na ‘n bril oor te skakel. As jy verkies om kontaklense te dra, oorweeg dit om oogdruppels te gebruik wat goedgekeur is vir gebruik met kontaklense om jou oë vogtig te hou. Dit is ook nuttig om ‘n afskrif van jou voorskrif by jou te hou vir ingeval jy jou bril of kontakte tydens jou reis moet vervang. As jy na ‘n sonnige plek gaan, moenie ‘n voorskrif-sonbril vergeet om jou oë teen skadelike UV-strale te beskerm nie. Alhoewel hierdie stappe reis met ‘n bril of kontaklense meer hanteerbaar kan maak, is daar ‘n ander opsie vir diegenewat op soek is na ‘n meer kommervrye reiservaring. Om LASIK te kies, kan jou reisvoorbereidings aansienlikvereenvoudig, sodat jy op die reis en bestemming kan fokus eerder as om jou oor jou visiehulpmiddels te bekommer.

Lees meer oor hoe om beeldskoon te wees met ‘n bril en kontaklense in ons blog.

#FabulousNaLASIK #Brille #Kontaklense

Reis en Kontaklense

Bemeester fotografie met 'n bril of kies LASIK vir 'n nuwe perspektief

Selfies en Brille

Om wonderlike foto’s of video’s te neem terwyl jy ‘n bril dra, kan met ‘n paar handige tegnieke bemeester word. Die hoofkwessie om aan te spreek is dikwels die glans of refleksies van die lense. Dit kan versag word deur direkteligbronne voor of agter die kamera te vermy. Sagte beligting werk die beste – soos die lig op ‘n bewolkte dag of uit ‘n ‘soft box’ vir binnenshuise fotosessies. As jy jou bril effens afwaarts kantel, kan dit ook help om refleksies te verminder. Vir brille met dik rame, wees bedag op moontlike skaduwees wat op jou gesig gegooi word. Dit kan aangespreekword deur jou ligbron te herposisioneer. Gepolariseerde lense of lense met ‘n anti-reflektiewe laag kan glans verderverminder. Moenie wegskram om met verskillende style en posisies vir jou bril te eksperimenteer nie. Wanneer dit by nabyskote kom, onthou dat jou oë in fokus moet wees, nie jou bril nie. Alhoewel die bemeestering van hierdie tegnieketot goeie resultate kan lei, is daar ook ‘n ander opsie om te oorweeg- LASIK. Deur LASIK te kies, kan jy die vryheidgeniet om foto’s te neem sonder om bekommerd te wees oor die uitdagings wat ‘n bril kan inhou.

Lees meer oor hoe om beeldskoon te wees met ‘n bril en kontaklense in ons blog.

#FabulousNaLASIK #Brille #Kontaklense

Glimlag met jou oë

’n opregte glimlag is die universele taal van vriendelikheid. Om beeldskoon te wees, moet jy met jou oë glimlag. Deurmet jou oë te glimlag, wat ook die Duchenne-glimlag genoem word kan mens werklik gelukkig lyk. Wetenskaplikes het meer as 50 verskillende soorte glimlagte uitgewys, en navorsing dui daarop dat die opregste glimlag van almal die Duchenne-glimlag is, ‘n glimlag wat in die oë gesien kan word. Die rede waarom dit meer opreg is, is omdat die spierewat nodig is om met ons oë te glimlag, onwillekeurig is. Elke keer as jou glimlag uitdruk dat jy werklik gelukkig voel, saljou oë saam met jou lippe glimlag. Jou oë sal lagplooitjies maak op die hoeke sodat jou hele gesig betrokke is by die glimlag. Dit laat jou vreugde eg lyk. Oefen jou glimlag in die spieël met en sonder jou bril. Wanneer jy jou oë agter ‘n bril moet wegsteek, kan dit meer uitdagend wees om vreugde enopwinding te deel. Oorweeg LASIK en ontdek die krag van glimlag met jou oë.

Lees meer oor hoe om beeldskoon te wees met ‘n bril en kontaklense in ons blog.

#FabulousNaLASIK #Brille #Kontaklense

Smile with your eyes and glasses

Gee om vir die omgewing: Herwin jou kontaklense

Kontaklense hoort nie in die see nie

Kom ons doen ons deel om die planeet te red deur nie kontaklense in die drein af te spoel nie. Die kleinplastiekskyfies benadeel die planeet. Kontaklense is dalk een van die geheime besoedelaars van die wêreld. Sowat150 miljoen mense dra kontaklense wêreldwyd. In ‘n onlangse studie is bevind dat 25% van die respondente hullense in die drein of toilet spoel. In die riool sisteem kan hulle afbreek in klein deeltjies wat die oseane besoedel endeur die seediere geëet word. Sorg vir ons planeet deur jou kontaklense te herwin of nog beter, oorweeg LASIK.

Lees meer oor hoe om beeldskoon te wees met ‘n bril en kontaklense in ons artikel.

#FabulousNaLASIK #Brille #Kontaklense

Brille, kontaklense en LASIK. Kies die beste opsie. Doen dit nou.

LASIK word deur kundiges beskou as een van die veiligste en doeltreffendste vorme van elektiewe chirurgie in die wêreld. Laser-oogchirurgie is ‘n goed gevestigde behandeling wat op meer as 35 miljoen mense uitgevoer is. Ons is bewus daarvan dat die koste hoog lyk. Oor die lang termyn werk dit egter eintlik dieselfde of goedkoper as brille of kontaklense uit. Om nie te praat van pasiënt-tevredenheid en lewenskwaliteit wat aansienlike verbetering toon na die prosedure. Die keuse van sig sonder ‘n bril is inderdaad ‘n lewensveranderende gebeurtenis.

#image_title

Lees meer oor hoe om beeldskoon te wees met ‘n bril en kontaklense in ons blog.

Vrywaring: Brille is veilig omdat daar geen mediese prosedure betrokke is nie. As jy gelukkig is om ‘n bril te dra, is LASIK nie vir jou nie. LASIK is ‘n leefstylprosedure wat sonder hulp visie verskaf. Volgens navorsing kan die kumulatiewe risiko van kontaklense meer as LASIK wees. Skakel: Three-Year Longitudinal Survey Comparing Visual Satisfaction with LASIK and Contact Lenses https://pubmed.ncbi.nlm.nih.gov/27208981/

 

#SandtonEyeClinic #MenlynEyeClinic #DrLourensCoetzee #DrPreciousPhatudi #DrMelodySun #LASIK

Familiar Faces who had LASIK

Brizane Coetzee
Read More
10/10 would recommend. Had an appointment to consult about corrective eye surgery options and everything was very well explained in order for me to make an informative decision. Excellent customer service as well
Rudolf Jansen van Vuuren
Read More
I had PRK surgery done on my eyes through Menlyn Eye Clinic. They were super helpful, informative and professional!!The surgery went smoothly and my eyes are recovering really well. It has been a life changing experience!!
Gabrielle Chin
Read More
Stoked to be able to see after 27 years of wearing glasses. Everyone says this and it’s true - should have done it earlier. It’s a much more routine procedure than I had expected, especially how quick the recovery time is.Menlyn Eye was great to deal with, it took less than 1.5 weeks between deciding to call them and having perfect eyesight. Dr Bagus in particular has the perfect temperament for his job - calm, gentle and reassuring. I didn’t feel any anxiety throughout the consultation and surgery process, and the surgery itself was painless.Note that you do need to go to Sandton for the operation itself (and you can’t drive yourself home after).
Yolanda Scholtz
Read More
"Excellent service. I, referred family and friends. 7 members already received Lasik Eye surgery from my referral. Two more friends made appointments and are waiting surgery.This Lasik Eye surgery is a must for anyone waring glasses."
Previous
Next

Book your Appointment

×